Die krygskuns

Die krygskuns

SkrywerSunzi
LandVlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
TaalChinees
OnderwerpKrygkunde, Militêre strategie en taktiek
GenreNie-fiksie
Uitgewer
Uitgegee5de eeu v.C.

Die krygskuns is 'n antieke Chinese militêre verhandeling uit die 5de eeu v.C. Dit is deur die antieke Chinese militêre strateeg Sunzi geskryf en dit bestaan uit dertien hoofstukke waar elke hoofstuk één aspek van oorlog bespreek. In 1080 kanoniseer Keiser Shenzong van Song Die krygskuns deur dit vóór in die kanon van Sewe Militêre Klassieke te plaas. Dit is die invloedrykste strategiese verhandeling in Oos-Asië en het onder meer Oosterse en Westerse militêre denke, besigheidstaktiek en juridiese strategie beïnvloed.

Die krygskuns is die eerste na die Weste gebring toe dit in 1772 deur die Jesuïet Jean Joseph Marie Amiot in Frans vertaal is. Die Britse offisier Everard Ferguson Calthrop het in 1905 'n gedeeltelike vertaling in Engels beskikbaar gestel. Die eerste volledige Engelse vertaling was 'n geannoteerde weergawe wat in 1910 deur Lionel Giles gepubliseer is. Beroemde leiers, waaronder Mao Zedong, Generaal Võ Nguyên Giáp, Generaal Douglas MacArthur, en leiers van die Japannese Keiserryk is deur Die krygskuns beïnvloed.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search